Die vervaardigers van DIS HOE DIT WAS – die Steve Hofmeyr Storie, ONS VIR JOU en TREE AAN! bied met trots aan
Deon Opperman & Sean Else se nuwe musiekspel
LIED VAN MY HART
In Lied Van My Hart verweef Opperman & Else ‘n keurspel van top Afrikaanse treffers met ‘n oorspronklike verhaal soos net die Opperman-Else skryfspan kan. Met supersterre Steve Hofmeyr en Nádine in die hoofrolle, ondersteun deur groot name soos Elzabé Zietsman, Vaughan Gardiner, Altus Theart en Michelle Botha, gaan Lied Van My Hart ‘n ster-en-treffer musiekspel skouspel wees soos nog nooit vantevore.
‘n Plattelandse meisie het ‘n droom – om stad toe te gaan en popster te word. Sy pak haar tas en vat die pad na die stad, om roem en rykdom aan die einde van die neon-reënboog te gaan soek.
En so begin ‘n aangrypende reis en sien ons hoe die stad haar onskuld stadig inkatrol en in die web van roem verstrik.
Sy leer dat roem en rykdom het ‘n prys en dat die enigste manier om eg te leef is om trou te wees aan die stem in jou hart.
Met die grootste treffers van Afrikaanse populêre musiek en top sterre van die Afrikaanse musiekbedryf beloof Lied Van My Hart groot vermaak. Vir die eerste keer in ‘n lang tyd gee Opperman en Else hulle gehoor ‘n happy ending!
Lied Van My Hart is ‘n goedvoel musiekspel vir die hele gesin!